Any number of people in a team can play Kennetjie. The kennetjie (a stump) is placed on two stones and one team has to hit it as far as possible. The team that hits it the furthest wins.
Etymology
From Afrikaans kennetjie (“little chin”).
Noun
kennetjie (no plural)
A children’s (boy’s) game where a short stick is flipped into the air by a longer stick, batted and hopefully caught by ‘fielders’.
The short stick is used in the game kennetjie.
Kennetjie is ‘n kinderspel wat gewoonlik deur seuns gespeel word. Aangesien die spel redelik gevaarlik is, is dit gereeld deur skoolhoofde van die speelgrond verban. Dit is ‘n ingewikkelde spel met baie reëls .
Reëls en speelwyse
Die spel word gespeel met ‘n dun stok wat omtrent ‘n meter lank is wat as kolf dien. ‘n Kort dikker stok, omtrent 15 cm lank word die kennetjie genoem en dien as die bal. ‘n Slootjie, gewoonlik die gaatjie genoem, so 6 duim lank en nie dieper as een duim nie word in die grond gemaak en die kennetjie daaroor geplaas. Die gaatjie se punte moet skuins uitloop. Die eerste speler wip die kennetjie in die lug in en slaan dit dan sover as moontlik met die langer stok. Een van die veldwerkers gooi die kennetjie terug en probeer om so na as moontlik aan die gaatjie te land. Die eerste speler kan die kennetjie wegslaan voor dit te ruste kom, maar sodra dit stop meet hy met sy slaanstok hoe ver hoeveel lengtes van die gaatjie die kennetjie is. Hoe nader die kennetjie aan die gaatjie is hoe moeiliker hou moet die kolwer
Aantal stoklengtes
Hounaam
Aksie
< 1 Kennetjie Die kennetjie word op die ken geplaas of onder die ken vasgeknyp, laat val en dan weggeslaan. > = 1 , < 2 Toontjie Die kennetjie word op die tone of skoenpunt geplaas, opgeskop en weggeslaan. > = 2 < 3 Tip-Top Die kennetjie word tussen die duim en wysvinger van die vryhand in die lug gehou, met die slaanstok die lug ingetik en dan met ‘n tweede hou weggeslaan. > = 3 < 4 Vuisie Die kennetjie word op die vuis van die vryhand gebalanseer, die lug ingegooi en weggeslaan. > = 4 < 5 Bokkie Die kennetjie word tussen die duim en wysvinger van die vryhand in die lug gehou, met die slaanstok die lug ingetik en dan met ‘n tweede hou weggeslaan. > = 5 < 6 Ogie Die kennetjie word op die slaner se oog (of op sy bril) gebalanseer, laat val en weggeslaan. > = 6 < 7 Oortjie Die kennetjie word op die oor gebalanseer, laat val en weggeslaan. > = 7 < 8 Ellie Die vry arm word horisontaal gelig en die hand na die bors gebring, die kennetjie word dan op die gebuigde elmboog geplaas, die lug ingeskiet of laat val en weggeslaan. > = 8
Elter
‘n Punt word deur vir die slaner se span behaal. Daar word dan verder van een af getel om die slaanhou te bepaal – minder as een stoklengte = kennetjie, een maar nie twee nie = toontjie, ens. Daar kan daar weer tot agt stoklengtes getel word, dit wil sê ‘n totaal van sestien, kry die slaner se span nog ‘n elter (punt) by en so word die proses herhaal tot by die kennetjie.
Optik-en-slaanhou
Die kennetjie word enige plek op die grond in die slaanhok neergeplaas, met die slaanstok getik sodat dit opwip die lug in en dan met ‘n tweede hou die veld ingeslaan.