Die Droom Lamp

Die Droom Lampgeskryf deur Jeaneme Kuhn

Tweede Prys wenner in die Afrikaans afdeling van die 2008 Kreatiewe Skryf kompetisie van die eThekwini Munisipale Biblioteek.

Second Prize winner in the Afrikaans category of the 2008 Creative Writing competition of the eThekwini Municipal Library.

Hoofstuk 1
“Ma weet ek is verveeld.  Ek wens ek kon iewers anders gaan waar daar meer goed is om te doen soos ‘n ander wêreld of iets.”
“Ja my Marlise jy en jou verbeelding.  Ouma kom netnou kuier en het ‘n verassing vir jou.”
“Regtig wat is dit?”
“My lief dit is ‘n verassing.”
“OK, OK Mamma, wanneer kom Ouma dan?”
Klop-Klop.
“Lyk my sy is hier.”
“Yes!”
“Hello Marlise.”
“Hello Ouma. Hoe gaan dit met ouma?”
“Nee goed dankie, ek het vir jou ‘n verassing gebring.”
“Regtig Ouma, wat is dit sê sê sê my asseblief.”
“Dit is ‘n lamp.”
“n Lamp ? Hoekom ‘n lamp wat is so spesiaal daar aan?”

“Marlise ‘n mens, is nie so ondankbaar nie sê Mamma van die kant af.”
“Ekskuus Ouma, ek het dit nie so bedoel nie.”
“Dis reg my kind, maar hierdie is nie net ‘n gewone lamp nie.”
“Hoe bedoel Ouma dan nou?”
“Jy sal nog sien.”
” Goed so Ouma. Wil Ouma tee of koffie hê?”
“Tee asb, maar wag voor jy gaan, die lamp het nie ‘n elektriese kabel nie.”
“Ja-ja Ouma, ek sal later sukkel.”
“Reg maar moenie sê  dat ek jou nie wou sê nie.”
“Ja Ouma.”

Hoofstuk 2
“Ma hiedie lamp is simpel, ek haat dit.”
“Marlise jy wou mos nie vir Ouma luister nie.”
“Ja ja, Ma is seker reg. Maar hoe kry ‘n mens die ding aan?”
“Ek weet nie, wat het Ouma vir jou gesê?”
“Sy het iets gesê van die lamp het nie elektriese kabel nie.”
“O ja Ouma het vir my gesê dat jy moet hom klap.”
“OK” Doef-doef! “Ma dit werk nie.”
“Ons sal later vir Ouma bel. Gaan speel nou ‘n bietjie buite.”
“Goed so Mamma. Tata.”
“Tata, ek sal sommer nou vir Ouma bel.” Sy bel gou.
“Hello dit is Helena wa praat.”
“Hello Mamma, dit is Marietjie.”
“O, hello, skattebol.”
“Mamma kan Mamma my asb help? Marlise het mos nie vir Mamma geluister nie en nou weet sy nie hoe werk die lamp nie.”
“Sy moet hom net klap.”
“Sy het, maar dit werk nie.”
“O ja, dit werk net as dit donker is.”
“O OK, Mamma, dankie vir Mamma sê hulp.”
“Ag dit sommer niks nie, tatta.”
Dit is nou ses uur en Marlise speel nog buite en haar Mamma wag nog vir haar. Marlise het uiteindelik huis toe gekom en Mamma vertel haar wat Ouma gesê het. Marlise het gaan bad en geëet. Dit is nou agt uur en sy wil gaan lees maar haar lig werk nie.
“Mamma my lig werk nie ek gaan nou maar slaap. Nag.”
“Goed so my kind, het jy my soentjie gevoel?”
“Ja, Mamma dankie.”

Marlise slaap maar kry ‘n nagmerie. Sy skrik wakker en klap die lamp.
En toe het dit gebeur. Die lig word so skerp voor haar oë, sy kan niks sien nie……………
Toe sy weer sien was sy in ‘n ander wêreld. Sy het toe agter gekom dat as sy daardie dag iets wens, en die lamp klap, word die wens waar.

Hoofstuk 3
Die ander wêreld het ‘n klomp pretparke en diere gehad. Die land is verskriklik mooi en vrolik.
Sy hardloop na een van die malle meule toe en spring op die mallemeule.
Sy hoef nie eers kaartjies te koop nie. Marlise het nog so lekker gespeel toe hardloop sy vas in die aantreklike seun.
“Haai kyk waar jy hardloop man” sê hy.

“Ekskuus, ek is jammer dat ek in jou groot ego vas gehardloop het.”
” Ek is net so jammer dat jy met groot houding in my vas gehardloop het.”
“OK, ek is nou regtig jammer. Wat is jou naam?”
” Ek is ook jammer. My naam is Stanley en joune?”
“Marlise.”
“Dit is ‘n mooi naam. Waarvandaankom jy?”
“Umm….Die aarde, en jy?”
“Ek ook. Hoe het jy hier gekom?”
“My Ouma het my ‘n lamp gegee. Ek het agter gekom dat as jy ‘n wens maak dan word dit waar as jy die lamp klap. Hoe het jy hier gekom?”
“Presies die selfde manier, maar my Oupa het dit vir my gegee.” sê hy verbaas.
“Wow is dit nie nou toevallig nie?”
” Ja dit is baie snaaks.”
“Kom ons gaan speel so bietjie.”
“Goed, kom.”

Hoofstuk 4
Stanley en Marlise het baie lekker gespeel maar toe word dit ongelukkig donker. Hulle het ook agtergekom dat hulle nie
weet waar hulle moet slaap nie. Hulle het toe maar langs die paadjie afgestap.  Gelukkig was daar ‘n bordjie waarop
gestaan het:
SOEK ‘N PLEK OM TE BLY?
GAAN NA DIE KNOPDWERGBERG HOTEL TOE.
VOLG NET DIE KAART HIERONDER.
Hulle probeer toe om die kaart van die bord af te haal maar kry dit nie reg nie.

“Ons sal hom seker maar net moet memoriseer sodat ons nie verdwaal nie.”
“Goed so. . . Ken jy hom?”
“Ja, en jy?”
“Jap, kom ons gaan.”

Hulle stap toe weer terug.  Daar was twee afdraaie en Marlise sê regs en Stanley sê links.
“Nou watter kant toe?” vra Marlise.
“Hoe moet ek weet?”
“Kom ons doen die IENKIEPIENKIEPINKI . . .”  Hulle besluit toe maar om links te gaan.  Hulle stap en stap en stap. uiteindelik kom hulle by die punt waar hulle die hotel sien.  Hulle het ook agtergekom dat dit nie saak gemaak het watter kant hulle gaan nie, want altwee paadjies kom by die hotel uit.
“Ek het jou gesê ons moet links gaan.”
“Ag Stanley, dit maak nie saak nie.  Al wat saak maak is dat ons by die hotel is.  Nou kan ek weer gaan slaap. Nag.”
“Ek gaan ook slaap.  Nag.  Sien jou more.”
“Ja ja.”

Hoofstuk 5
Die volgende oggend het hulle gaan eet.  Daarna het hulle terug na die pretpark toe gegaan.  Toe hulle by die hekkie kom het ‘n vreemde dier hulle gestop.  Hy het hulle gevra vir hulp.

“Hello julle, my naam is Ashley.”
“Hello, ek is Marlise en dit is Stanley.  Hoe kan ons jou help?  Wow, ek het so pas met ‘n dier gepraat.”
“Hê hê, jy sal geoond daaraan raak.  Terug na die probleem.  Ek weet dit klink nie so erg nie, maar vir ons op die wêreld van KNOPDWERGBERG is dit groot.  Ons het sopas nuus gekry dat daar van die babatjies van KNOPDWERGBERG- perdjies is wat nie kan praat nie.  Ons babatjies praat gewoonlik dadelik as hulle gebore word.”
“Weet julle ook dalk wat die rede kan wees hoekom die KNOPDWERGBERG-babaperdjies nie kan praat nie?” vra Stanley.
“Ons dink die rede is dat die verkeerde mense die lamp in die hande gekry het en dat hulle ‘n spel op die KNOPDWERGBERG-babaperdjies gesit het.”
“Ons Ouma en Oupa het ons lampe vir ons gegee omdat hulle vir ons lief is.  Ek dink die mense moes die lamp gesteel het. Dan beland hulle ook nog op die KNOPDWERGBERG-wêreld en dan is hulle klaar lelik en doen dan sulke goed soos wat hulle nou gedoen het” sê Marlise.
“Dit werk ook so: sê nou maar ons breek die lamp dan gaan hulle dadelik weg van die KNOPDWERGBERG-wêreld en alle spelle wat hulle uitgespreek het word gebreek.”
“So, al wat ons moet doen is om die lamp in die hande te kry en dit te breek.”
“Ja”, sê die perdjie.
Hulle het heel eerste al die mense gevra of hulle nie die mense gesien het met die lamp nie.  Die kangaroe het hulle uiteindelik geantwoord.  “Ja, ek het hulle gesien by die waterval” het hy opgewonde geantwoord.
“Hoeveel mense was daar?’ vra Stanley.
“Umm, daar was een vrou en twee mans.”
“Hoe laat was hulle daar?”
“Ek dink hulle was so 11:00 daar.”
“Hoe laat is dit nou?”
“Dit is so 12:00 se kant.”
“Baie dankie vir jou hulp.  Sien jou later weer.”
“Totsiens, ek is bly ek kon julle help.”

Hulle hardloop almal na die waterval toe.  Hulle kom daar aan en sien ‘n paar voetspore, maar kyk nog ‘n bietjie rond en sien niks.  Hulle besluit toe maar om die voetspore te volg aangesien hulle niks meer sien nie.  Hulle stap en stap nog so toe hulle by ‘n aap verbystap.
“Hello, Aap.”
“Hello julle, hoe gaan dit?”
“Goed dankie, ons het ‘n paar vrae vir jou, kan jy ons dalk help?”
“Ja seker.”
“Het hier dalk twee mans en ‘n vrou verbygeloop?” vra Marlise.
“Ja, hulle het links gedraai.”
“Wat het hulle in hulle hande gedra?”
“Hulle het ‘n rooi sak in hulle hande gedra” antwoord die Aap.
“O OK, baie dankie vir jou hulp” sê Stanley.
“Plesier!” en hy swaai soos Tarzan op die takke weg.
“So dit beteken die lamp is in die rooi sak” sê die KNOPDWERGBERG-perd.
“Ons weet nie vir seker nie maar ons sal gou uitvind.” sê Stanley.
“Hoe?” vra Marlise.
“Maklik, ek het hulle nou net gesien! Volg my!”

Hulle hardloop af in die paadjie.
“Shh, ons is amper by hulle.”
“Reg, kom ons volg hulle en kyk waar bly hulle.” se Marlise.
“Gaan ons nou die lamp vat of later?” vra die KNOPDWERGBERG-perd.
“Umm, nou!” sê Stanley.
“Nou, is jy seker?”
“Ja maar ons gaan baie stil moet wees.”

Hulle volg die twee mans en die vrou tot by hulle huis. Die vrou het vir die mans middagete gemaale en gaan slaap.
Die een man het vir ‘n rukkie met die ander man gaan gesels en toe maar ook gaan slaap. Die tweede man het toe maar televisie gaan kyk en na ‘n rukkie aan die slaap geraak. Alles is nou doodstil en dit is nou die kinders se kans om die lamp terug te kry.

“Haai julle, loop asseblief om die huis en kyk of daar enige oop vensters oop is waardeur ons, kan klim.” vra Stanley. “Reg so, ons maak so.”

….Tien minute later…

” Stanley! Stanley! KOm hier. Ek het ‘n oop  ruit gekry.”
“Sagter Marlise!”
“Jammer”
“Dit is ok, maar onthou dit vir volgende keer. Wie sal deurklim?”
“Ek sal”, sê Marlise braaf.

Hoofstuk 6
Marlise klim toe met ‘n gesukkel deur die venster. Uiteindelik het Marlise deur gekom, maar per ongeluk stamp sy ‘n vaas om. Die een man word waker, kyk rond en word dadelik weer aan die slaap.
“Marlise is jy ok?” vra Stanley bekommerd.
“Ja ek is reg, maar die vaas is stukkend. Stanley ek dink jy moet ook kom.”
“Goed ek kom nou, wag net net vir my.”
Stanley kom toe ook binne-in die huis. Hulle soek en soek die lamp. Uiteindelik sien Marlise die lamp, maar hoor ook voetstappe..
“Kom vinnig, ons kruip onder die tafel weg.” fluister Stanley.
Hulle kruip toe weg. Die vrou loop toe verby die tafel en staan stil vir ‘n rukkie.
“Hou jou asem op” fluister Marlise baie sag.
Die vrou loop toe weer terug na haar slaap kamer toe.
“Sy het seker in haar slaap geloop. Hier is die plan. Jy gaan vat die lamp en ek maak seker niemand kom nie.” sê Stanley.
“Goeie plan, maar ons moet vinnig maak, want dit word nou donker. Hulle kry die lamp en klim vinnig deur die venster na buite.
“Ok, nou moet ons dit breek .”
Doef.
En toe gebeur dit weer, daar kom ‘n skerp lig voor hulle oë. Die KNOPDWERGBERG perd was reg, die KNOPDWERGBERG perdjies kon weer praat, maar een ding wat hulle nie weet nie is dat Marlise vas aan die slaap en terug in haar bed.

Die Einde.

, , ,

No comments yet.

Leave a Reply